Feeds:
Bydraes
Kommentare

Die Koningkryk

Die hele gedagte van God se Koningkryk laat my baie veilig voel , want ek weet ek is deel daarvan , deur Jesus Christus.  Maar om jou plek daarin te vind en vol te staan is vir my ‘n heel ander storie.  Om deel te wees van die Koningkryk is vir my belangrik, die Woord praat immers van die gemeenskap van die heiliges en ek is mal oor kerk toe gaan (mits dit my siel voed), Maar êrens bly iets missing. Partykeer kan ek myself vreeslik condemn en dink dis oor ek nie goed genoeg is dat ek nie in pas of iets in daai lyn, maar ek weet dis twak. Iets soos goedgenoeg is daar nie. Nou maar dan vra ek weer, wat is die missing link. Waar mis ek dit?  Vanaand met iemand van my kerk gepraat (ek was nie vanoggend in die kerk nie agv siekte) en skielik het ek net gewonder wat dink ons is ons besig om te doen. Ons speel kerk, een belangriker as die ander.  In my kerk is ek niks, ek meen ek doen niks.  Dit was ‘n besluit, ek hou my uit die dinge, want so wil ek nie my brownies verdien nie.  En aan die anderkant voel ek totaal useless in God se Koningkryk.  Ek het nie ‘n brandende begeerte om siele te wen nie, bid ja, ek sal hulle inbid, maar eks nie ‘n evangelis.  Ek wil net vir die Here werk, maar eerlik, verkieslik nie in ‘n kerk nie.  Al gedink ek moet gaan kerke bou, fisies met stene en modder. Of saam met hierdie groot uitreike in Afrika ingaan en pakkies uitdeel vir honger kinders en saam met die pakkies net drukkies en smiles en liefde.  Ek is so moeg van kerk speel, maar waar ek is kan ek nie daarsonder, want ek het die samehorigheid nodig. Ek het al probeer en die Woord het Homself bewys – there is safety in a multitude – ek het God se kerk nodig.  Maar waar gaan ek haar kry.  Ek is sekerlik nie special of anders nie, dis net dat ek nooit deel voel van die groep nie. En dis nie rejection nie, daai pad het ek ook al geloop. Om mee te begin is ek nie ‘n groepmens nie. Ag weet jy, ek’t dit klaar gese, eks moeg kerk gespeel, so wat nou? Ek dink Afrika roep my. . .

Advertisements

Aalwyne

Nou ja, ek wou uitvind oor hierdie blogging en toe begin ek maar by die begin en laai eers ‘n prentjie.  Is dit nie stunning foto nie?  Aalwyne het my skielik begin aantrek.  Het nooit van hulle gehou nie.  Ek dink dit was die assosiasie.  Sondagmiddagetes by ou tannies in hul voorhuis en dan hang daar sulke kitch skilderye van aalwyne. Of outydse rotstuine met een aalwyn wat die hoogte in styg.  Maar toe kom woon ek in die aalwynwêreld en sien hulle in die natuur.  En hulle begin blom in die grou winter en ek besef onmiddelik hoekom God hulle gemaak het.  Hierdie spesifieke kiekie dans die aalwyn en sê dankie. So dis dan my eerste blog. Lank lewe die aalwyn!