Feeds:
Bydraes
Kommentare

Afrikaners is plesierig!

 

Vanoggend die in my inbox gekry –

“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”

“Ek was honger!”

So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in
hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle
leeftyd ‘n werklikheid sou word.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy
moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan
dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel
omdat jy skelm is.

Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk
soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe
oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer-
uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en
gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë  en swaarkry
so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle
huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is
as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe
gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en
uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan  nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers
absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n
hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en
gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie
genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer
nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp
nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het
nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit
enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie
anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer
jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en
geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en
of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir
vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie

 

Advertisements

Keurboomlanings

Het iemand al hierdie tyd van die jaar in Keurboom wêreld gery deur die natuurlike pienk lanings?

..

so ver soos ek ry
blom
die keurtjiebome
deel van my
drome
soos jy

No more cellulite

My geheim is ‘n virtuele werklikheid!

8 x gelukkig

Boendoe, ekt jou al laasweek belowe ek sal die huiswerk doen, so here goes!

Ekt nogal gesukkel hiermee, want daar is so baie dinge wat mens laat lekker voel, dat ek moes mooi dink wat my regtig sielsgelukkig maak.

My dogter maak my ongelooflik gelukkig en ek dink veral wanneer ons uit ons mae kan saam lag. Of wanneer sy in die bed onder my vlerk kom inkruip. Die eerste oomblik na geboorte wat ek haar gesien het, dit was vir my so onwerklik, die bondeltjie meisiekind. Sy het stil en ernstig die lewe ingekom, met ‘n kyk wat my “skuus, ek sallie werie” laat sê het. Nou straal sy vreugde en entoesiasme vir die lewe uit na almal rondom haar. Ek put krag uit haar.

Obviously maak my seun my ook gelukkig. Hy is ‘n woelige klein wragtig, maar hy het onder my vel ingekruip en nes gemaak. Sy eerste nag na geboorte het hy die hele nag op my bors gelê en slaap. Ek kon nie slaap nie, die euforie was te groot.  Ek het heelnag net die Here geprys tot ek later gevra het Hy moet nou maar Sy engele opdrag gee om verder vir Hom te sing, want ek kon nie meer dink watse lofliedere om te sing nie.

God se Skepping maak my gelukkig. Ek is bevooreg en gebless om  in ‘n redelik ongerepte plek by die see te bly. Om soggens die son te sien opkom oor die koppie en saans die son te sien ongergaan oor die see is ongelooflik en iets moet fout wees as dit mens nie gelukkig maak nie. Die paaie wat ek moet ry om erens te kom waar meer is as net my een-kafee-een-drankwinkel-dorp, is deur ongerepte natuur en landerye vol veevoer en kolle vol koeie. Dit maak my gelukkig.  Toe ek kort hier gewoon het, het ek een oggend vroeg gaan stap, nie noodwendig in ‘n goeie tyd van my lewe nie. ‘n Pad teen die kop uit vanwaar mens ver oor die see sien en ek het God gevra, hoekom Hy my so ongelooflik seën deur my hier te laat woon, en onmiddelik het ek gehoor “hoekom nie?”

My view

My view van sonsondergang en bote se ligte op die see

Dit sal dan my vierde geluk wees – Genade onbeskryflik groot! Niks maak so gelukkig soos God se seëninge wat onverdiend op my neerreën nie.

# 5 sal wees om te gee, wat ook al – geskenke, blomme uit my eie tuin, geld, ‘n ete, my tyd, myself (binne perke!) (mind you, ek het lanklaas die geleentheid gehad om buite perke te gee van myself, dit opsigself sal my nogal gelukkig maak!! 🙂 )

Samehorigheid. Familie en vriende om ‘n Sondagmiddag etenstafel, gemoedelik, vol grappe en gesels en skaapboud en gebraaide aartappels. En rys met sous wat na naeltjies ruik. Net familie en ou vriende gee daai soort warmte. Dit maak my verskriklik gelukkig en ek mis dit Sondae.

Is ek nou by nommer 7? Jip, om iets nice te koop of te kry. Ek het onlangs vir my ‘n mooi skildery gekoop en dit maak my elke keer opgewonde as ek daarna kyk. Nuwe musiek. ‘n Nuwe kar sou nogal op die oomblik die cherry op die koek wees!

Achievement. Wat is ‘n goeie Afrikaanse woord daarvoor?  Ek het onlangs ‘n projek gelaunch waaraan ek hard gewerk het en om dit te sien ontvou het my ongelooflik lekker laat voel. En daarmeesaam erkenning, wie hou nie van erkenning nie.

En dis 8! Ag nee, ek wou nog vertel van blomme, kleure, die kortstondige gevoel van geluk as mens verlief is, eerste soene, kinderkuns en onskuldige briefies van kinders, om te droom en om te weet ek is waar God wil hê ek moet nou wees.

En nou moet ek vir jou dankie sê Boendoe, want ek was nie die laaste ruk baie gelukkig nie en ek dink dis wat ek nodig gehad het om te doen. Yee-haaaa, nou voel ek gelukkig en ek moet weer meer blog, net tyd maak, want dis lekker, ek voel nou sommer gelukkig!!

GEORGE BUSH was sitting in his office wondering which country to invade next when his telephone rang.“Howzit George!”, a broken English voice said. “This is Koos here from
the Doringboom Bar in Welkom , South Africa . I am ringing to inform you
that we are officially declaring war on you boet!”


“Well, Koos,” George replied, “This is indeed important news! How big is
your army?”

“Right now,” said Koos, after a moment’s calculation, “there is myself,
my cousin Jan, my next door neighbour Lang Hannes, and the entire darts
team from the pub. That makes eight!”

George paused. “I must tell you, Koos, that I have one million men in my
army waiting to move on my command.”

“Blikkies-fontein!”, said Koos. “I’ll have to ring you back!”
Sure enough, the next day, Koos called again.
“George, my china, the war is still on! We have managed to acquire some
infantry equipment!”

“And what equipment would that be, Koos?” George asked.

“Well, we have 4 Hilux double cabs, two kombis, a bulldozer, and Vet
Gert’s John Deere Tractor”.

George sighed. “I must tell you, Koos, that I have 16,000 tanks and
14,000 armoured personnel carriers. Also, I’ve increased my army to 1,5
million since we last spoke.”

“Liewe Erdevark!” said Koos. “I’ll have to get back to you.”
Sure enough, Koos rang again the next day.
“George, ou swaer, the war is still on! We have managed to get ourselves
airborne! We’ve modified Doepie’s ultra-light with a couple of shotguns
in the cockpit, and four okes from the Virginia hengelklub have joined
us as well!”

George was silent for a minute and then cleared his throat. “I must tell
you, Koos, that I have 10,000 bombers and 20,000 fighter planes. My
military complex is surrounded by laser-guided, surface-to-air missile
sites. And since we last spoke, I’ve increased my army to TWO MILLION!”

“Slaat my dood!”, said Koos, “I’ll have to ring you back.”
Sure enough, Koos called again the next day. “Jis, jis, jis George! I am
sorry to tell you that we have had to call off the war.”

“I’m sorry to hear that,” said George. “Why the sudden change of heart?”

“Well,” said Koos, “we’ve all had a long chat over some “Klippies &
Coke”, and decided there’s no way we can feed two million prisoners of
war.”

Amelie

Nou net die fliek Fabuleux destin d’Amélie Poulain, Le  gekyk.

Dis soooooo mooi. . . .http://www.imdb.com/title/tt0211915/

Eks so ‘n sucker vir mooi mense, mooi harte en ware liefde. Sing Valiant mos “ware liefde, pypkan my kronies. . .”

Dagga is gagga!

No More!

No More!

Net omdat dit my nooit in sy kloue toegevou het nie, beteken nie ek kan dit goedkeur nie en nog minder beteken dit dat dagga nie verslawend is nie.  Ek het bv jare gewone sigarette gerook en kon dit los sonder enige probleem, dagga gerook, (eie plantjies gekweek), selfs mandrax probeer op skool, baie gedrink en niks het my gevang nie. Maar dis pure genade van God (en ek glo ‘n gelowige ma se gebede) en bewys beslis nie dat dagga nie verslawend is nie.  Ek het Zee se hele storie gelees vanaand en dit maak my ongelooflik hartseer.  Mens het nie naastenby ‘n idee wat dit aan ‘n ma moet doen nie.

In een van Zee se posts is daar ‘n ou wat se hy rook al 10 jaar elke dag dagga en makeer niks daarvan.  Ek het onwillekeurig gewonder of die mense naaste aan hom dieselfde sal se. En hoekom rook hy dit elke dag. Denial is such a safe place!!  Ek was 17 jaar lank getroud met iemand wat daagliks dagga gerook het.  Volgens hom om sy kop stil te kry. Hy is bipolar en ADD. Die dagga was in die plek van medikasie of alkahol. As hy nie dagga gehad het nie, of probeer het om op te hou, het hy hom versuip.  Later het ek self gedink dis okay, het die dagga verkies bo die drank, want dis rustiger. Selfs soms ‘n joint of twee gerook net om bietjie op sy level te wees. Tot ek uit my eie denial gekom het en besef het dis die kwaad en oorsaak van als. 

So wat is eerste,die bipolar of die dagga?  Toe ek begin besef dis die ware probleem en dat ek ‘n co-dependant is, het ek begin navraag doen en uitgekom by iemand wat ‘n rehab run.  Hy vertel toe dat hy vir dieselfde rede dagga gerook het en ook gediagnoseer is as bipolar, MAAR 1 jaar na hy die dagga gelos het, was daar geen tekens van bipolar meer nie. Hy is nou al tien jaar skoon, gelukkig getroud en run ‘n rehab. Dus, as daar ‘n latente psigose is, sal dagga dit stimuleer, al rook jy flou joints soos my eks. 

Na ek met die wyse man by die rehab gesels het, het ek besluit tot hier en nie verder en ek help niemand deur aan te hou pamperlang en cover nie.  Ons woon toe al 3 jaar verniet is sy broer se huis,want hy kry nie werk nie, probeer sy eie ding, kan nie konsentreer, kan nie fokus, kry nie die regte brake, partners laat hom in die steek, het nie ‘n vrou wat hom genoeg ondersteun ens ens ens. En ek neem toe die stap om die familie in te lig en vir die broer te se, dis nou genoeg, ek is nie meer bereid om verniet op hulle nekke te le en ons moet ‘n family talk he.  Needless to say, ‘n groot kan wurms is oopgekrap en raai wie is die vark in die verhaal, want hoekom het ek nie lankal gese hy rook dagga nie, maar hoe durf ek se hy rook dagga? Denial again. Ek het ‘n ultimatum gestel van behandeling vir sy verslawings (dagga het soms gelei na sterker goed wat hy by prostitute gekry het, want dis glo die maklikste plek, maar dit bleik toe nie al te wees wat hy by die prossies gekry het nie – bipolar/drugs/verslawing) Ek het die regte mense opgeline gehad, want elke dag hiermee werk en dit nog verniet sou doen ook. Wat dit enduit neem, nie net een besoek en handvol pille nie. Hy en sy familie het egter gedink hulle weet wat hulle doen en nie daai roete geneem, maar ‘n gewone psigiater gekies wat niks weet van sy geskiedenis, vir wie hy enigiets kon vertel en wat hom bipolar / add diagnoseer en daarvolgens behandel met slegs medikasie, geen berading, geen life skills guidance, net pille.  En hy kan nie vir als behandel “want hy weet nie hoeveel skade die dagga al aangrig het”. Well, I rest my case…

Gelukkig, het ek wakker geskrik en uitgetrek.  Die wipplank se balans herstel, of nog besig om te herstel. Dis nou tien maande dat ek en my bloedjies alleen is en is laasmaand geskei. En ons weet wat ons kry as ons saans by die huis kom.  Of hy nog dagga rook die weet ek nie. Dit smaak my egter hy gebruik net die baie pille met die baie newe effekte en drink baie en lyk nie goed nie.  Het obviously binne 2 maande nuwe vrou, ouer, wat vir hom kan ma speel en sorg vir ‘n dak oor die kop. En dankie vir haar, want hys af van my case.

Hys helder genoeg om te besef wat hy aan my gedoen het en het verskoning gevra en die ultimate keuse was myne, maar dis 17 jaar! En dis dagga . . .

Dankie vir geloof en genade, dis al wat my daardeur gekry het.