Net omdat dit my nooit in sy kloue toegevou het nie, beteken nie ek kan dit goedkeur nie en nog minder beteken dit dat dagga nie verslawend is nie. Ek het bv jare gewone sigarette gerook en kon dit los sonder enige probleem, dagga gerook, (eie plantjies gekweek), selfs mandrax probeer op skool, baie gedrink en niks het my gevang nie. Maar dis pure genade van God (en ek glo ‘n gelowige ma se gebede) en bewys beslis nie dat dagga nie verslawend is nie. Ek het Zee se hele storie gelees vanaand en dit maak my ongelooflik hartseer. Mens het nie naastenby ‘n idee wat dit aan ‘n ma moet doen nie.
In een van Zee se posts is daar ‘n ou wat se hy rook al 10 jaar elke dag dagga en makeer niks daarvan. Ek het onwillekeurig gewonder of die mense naaste aan hom dieselfde sal se. En hoekom rook hy dit elke dag. Denial is such a safe place!! Ek was 17 jaar lank getroud met iemand wat daagliks dagga gerook het. Volgens hom om sy kop stil te kry. Hy is bipolar en ADD. Die dagga was in die plek van medikasie of alkahol. As hy nie dagga gehad het nie, of probeer het om op te hou, het hy hom versuip. Later het ek self gedink dis okay, het die dagga verkies bo die drank, want dis rustiger. Selfs soms ‘n joint of twee gerook net om bietjie op sy level te wees. Tot ek uit my eie denial gekom het en besef het dis die kwaad en oorsaak van als.
So wat is eerste,die bipolar of die dagga? Toe ek begin besef dis die ware probleem en dat ek ‘n co-dependant is, het ek begin navraag doen en uitgekom by iemand wat ‘n rehab run. Hy vertel toe dat hy vir dieselfde rede dagga gerook het en ook gediagnoseer is as bipolar, MAAR 1 jaar na hy die dagga gelos het, was daar geen tekens van bipolar meer nie. Hy is nou al tien jaar skoon, gelukkig getroud en run ‘n rehab. Dus, as daar ‘n latente psigose is, sal dagga dit stimuleer, al rook jy flou joints soos my eks.
Na ek met die wyse man by die rehab gesels het, het ek besluit tot hier en nie verder en ek help niemand deur aan te hou pamperlang en cover nie. Ons woon toe al 3 jaar verniet is sy broer se huis,want hy kry nie werk nie, probeer sy eie ding, kan nie konsentreer, kan nie fokus, kry nie die regte brake, partners laat hom in die steek, het nie ‘n vrou wat hom genoeg ondersteun ens ens ens. En ek neem toe die stap om die familie in te lig en vir die broer te se, dis nou genoeg, ek is nie meer bereid om verniet op hulle nekke te le en ons moet ‘n family talk he. Needless to say, ‘n groot kan wurms is oopgekrap en raai wie is die vark in die verhaal, want hoekom het ek nie lankal gese hy rook dagga nie, maar hoe durf ek se hy rook dagga? Denial again. Ek het ‘n ultimatum gestel van behandeling vir sy verslawings (dagga het soms gelei na sterker goed wat hy by prostitute gekry het, want dis glo die maklikste plek, maar dit bleik toe nie al te wees wat hy by die prossies gekry het nie – bipolar/drugs/verslawing) Ek het die regte mense opgeline gehad, want elke dag hiermee werk en dit nog verniet sou doen ook. Wat dit enduit neem, nie net een besoek en handvol pille nie. Hy en sy familie het egter gedink hulle weet wat hulle doen en nie daai roete geneem, maar ‘n gewone psigiater gekies wat niks weet van sy geskiedenis, vir wie hy enigiets kon vertel en wat hom bipolar / add diagnoseer en daarvolgens behandel met slegs medikasie, geen berading, geen life skills guidance, net pille. En hy kan nie vir als behandel “want hy weet nie hoeveel skade die dagga al aangrig het”. Well, I rest my case…
Gelukkig, het ek wakker geskrik en uitgetrek. Die wipplank se balans herstel, of nog besig om te herstel. Dis nou tien maande dat ek en my bloedjies alleen is en is laasmaand geskei. En ons weet wat ons kry as ons saans by die huis kom. Of hy nog dagga rook die weet ek nie. Dit smaak my egter hy gebruik net die baie pille met die baie newe effekte en drink baie en lyk nie goed nie. Het obviously binne 2 maande nuwe vrou, ouer, wat vir hom kan ma speel en sorg vir ‘n dak oor die kop. En dankie vir haar, want hys af van my case.
Hys helder genoeg om te besef wat hy aan my gedoen het en het verskoning gevra en die ultimate keuse was myne, maar dis 17 jaar! En dis dagga . . .
Dankie vir geloof en genade, dis al wat my daardeur gekry het.

Emmabel, dankie vir die draai daar by my. Ek weet dit moes baie moed gekos het vir jou om hier te skryf. Dit het my nogal lank gevat om tot daardie stap te kom en is nog nooit eendag spyt gewees nie. Nie met al die ondersteuning wat ek op al die blogs gekry het nie. En hier gaan jy ook die ondersteuning van ons kry wat jy nou so brood nodig het.
EK is soooooooooooo bly dat jy die goed gelos het (al was dit net nou en dan) en besef het dat dit groot skade kan aanrig. My gebede sal van vandag af vir jou insluit en skreeu as daar iets is wat ons vir jou kan doen!!
Jy se “want hy weet nie hoeveel skade die dagga al aangrig het”. Well, I rest my case… Well, ek rest ook my case…. as mense maar net weet dat even net dagga ook groot skade aanrig!
Baie welkom in die blog wereld en ek weet jy gaan dit sommer baie geniet!
Dagga en drugs en enige alkohol is ‘n tydelike ontvlugting, more staan jy op met ‘n hoofpyn en al jou ou probleme is maar nog steeds net daar.
o ja en welkom hier in ons blog ruimte.
Ek is bly dinge het mooi uitgedraai vir jou!!
Lekker naweek!
Geen mens wat so optree en wat die rondom hom so negatief beinvloed, is dit werd om keer op keer vergewe te word nie.
Ek is bly jy het die stap geneem om hom onder sy gat te skop.
Daai is lang jare se rowe wat nie sommer oornag gaan afval en ‘n gesonde kop agterlaat nie. Sterkte met jou proses van heelword.
Dankie almal vir die gawe woorde en verwelkoming, moet se, was nogal maklik om hier in te val. Lekker regte mense!
Die heelword is een ding, nie maklik nie, in fact, moeiliker as wat die toughy gedink het. Maar die daaglikse potkrap is hectic. Ek was vir soveel jaar in survival mode, toe trek ek uit en gaan in happy hype mode, en nous ek terug in ‘n daaglikse survival mode van kinders en kindersiektes, kos opi tafel, werk en werksoek wat meer geld verdien, werk genereer, werk opdis,kos ini yskas,huurgeld,kinders emosioneel happy hou al is ek nie, almal happy hou al is ek nie,nuwe lewe soek,verwoed klou aan God. Die verskil is net, nou kan ek ‘n toekoms sien en probeer beplan en nie meer so vasgevang voel in my omstandighede nie.
Eks vandag presies 1 maand geskei. Happy montheversary!
Hallo,
Bipolere gemoedstoornis (BGM) word veroorsaak deur ‘n verskeidenheid van gene en dan ook gene wat berokke seinbane in die brein aantas. Die siekte versteur jou gemoed.
Die dagga en die siekte het eintlik niks met mekaar te doen nie, behalwe dat dagga depressie kan vererg en ook van inmeng met die afskeiding van chemikalie in die brein. Maar dwelms kan jou nie BGM gee nie.
Dit is die BGM wat eerste was. Dit tree na vore in laat tienerjare en vroee volwassenheid, maar word nie altyd dan gediagnoseer nie.
Mense met die siekte moet glad nie dwelms en/of alkohol gebruik nie omdat dit hipomanie en manie kan aanwakker. Om die siekte so te beheer, asook stres te verminder en die regte medikasie te neem vir die res van jou lewe kan BGM stoornis in verre die meeste gevalle suksesvol behandel word.
Hier is ‘n baie goeie bron.
Baie sterkte
NB! In my opinie wonder ek of die werklik ADD en/of bipoler was en nie net verslawing nie, maar dit is bloot ‘n raaiskoot.
http://www.nimh.nih.gov/health/publications/bipolar-disorder/complete-publication.shtml
Thnx RF vir daai input en goeie wense! Mens wonder ja. . .
Maar aan die ander kant wonder ek nie meer nie. Sien, eintlik gee ek rêrig nie meer om of hy Bipoler, ADD of verslaaf is nie. Die simptome pas hom almal soos ‘n handskoen en bottomline – ek hoef nie meer daagliks daarmee te deel nie! Nou daais ‘n feit wat ek laaik!
Never look back – it was a wise move. The best for you and your kids.
Good luck!
Thnx Kate!
Sjoe, vreeslike storie, die. En hats off to you. Dit het moed (en integriteit) gevat om hom onder sy alie te skop. Sterkte vir jou en jou bloedjies!
Thnx Boendoe, meer geloof as moed. Dink as ek op moed alleen staatgemaak het, het ek nog daar gesit.
Baie sterkte! Dink aan jou! ((((()))))