Nou ja, ek wou uitvind oor hierdie blogging en toe begin ek maar by die begin en laai eers ‘n prentjie. Is dit nie stunning foto nie? Aalwyne het my skielik begin aantrek. Het nooit van hulle gehou nie. Ek dink dit was die assosiasie. Sondagmiddagetes by ou tannies in hul voorhuis en dan hang daar sulke kitch skilderye van aalwyne. Of outydse rotstuine met een aalwyn wat die hoogte in styg. Maar toe kom woon ek in die aalwynwêreld en sien hulle in die natuur. En hulle begin blom in die grou winter en ek besef onmiddelik hoekom God hulle gemaak het. Hierdie spesifieke kiekie dans die aalwyn en sê dankie. So dis dan my eerste blog. Lank lewe die aalwyn!
Ek is ook nie ‘n aalwyn outjie nie! Maar hulle het wonderlike medisinale doeleindes. Daarom sal ek nie hulle sommer afskiet nie.
En as daar niks ander blomme in die omtes is nie, dan verrig daai oranje darem wondere.
Welkom in die blogsfeer, dit is addictive, so wees gewaarsku!
Dankie vir die Welkom Skoor en dankie vir die waarskuwing – dis nou 1:46am. . . toohoo late she cried!
Se iets van ‘n aalwyn, en ek’s op jou spoor! Ek loooove aalwyne! Dis die mooiste, mooiste ding ooit. My oe het eers onlangs oopgegaan vir hul skoonheid, en ek kan nie genoeg kry nie.
Baie welkom in blogland!
Ja, pasop vir Boendoe – sy rokkel enigiets wat kan groei van jou af.
Boendoe, my lyf groei daagliks – jy soek nie dalk VETplante nie???
Maar dan klink Boendoe mos soos ek en my ma!
HAHA Skoor!
Welkom!
Dankie Boer!